odos logo stap vir stap.png
ODOS TOEP

Die Odos toep is ‘n nuwe deel van Odos wat kinders, ouers en groepleiers verniet kan aflaai.  

Hoe om die toep af te laai (alle selfone behalwe iphone):

Gaan na “Playstore”

“Search”:  Odos

Druk op Odos: Developer Team (Die ikon is ‘n aardbol met mannetjies op)

Installeer die Odos – Toep

Hoe om die toep op ‘n iphone af te laai:

Tik hierdie link in op jou Apple iphone “web browser”:

https://webapp.mobileappco.org/m/ODOS/

Volg dan net die instruksies om die toep af te laai.

 

Wat bied die Odos toep alles?

Vasvra: Elke les het vrae wat jy kan beantwoord om te kyk hoe goed ken jy die storie.

Kaartjies: Al die kaartjies is hier te sien.

Gesinspret: Elke les het gesinspret wat die ouers met hulle kinder 1/week kan doen.

 

360° videos: Die Odosspan het spesiaal in Israel 360° videos gaan opneem van soveel as moontlike Bybelse plekke. Gaan kyk elke week of jou les ‘n video het sodat jy sommer kan sien hoe lyk  dit waar Jesus en baie ander hulle voetspore gelos het. ( As jy ‘n iphone het gaan die videos ongelukkig nie 360° kan wys nie, maar jy kan dit nogsteeds kyk.)

 

Groepleiers: Hierdie is opleiding en ekstra lesse vir die groepleiers.

 

Kontak Ons: As jy n vragie het kan jy asseblief ons sommer bel of email. Ons help graag!!!

 

Share: Jy kan die “app” deel met al jou maaitjies.

 

Fan Wall: Vertel ons sommer so af en toe wat vir jou baie lekker was van die les en of jy iets geleer het wat jy nog nooit van gehoor het nie.

 

Facebook: Gaan kyk gereeld na ons facebook.

 

Kennisgewing: Bo in die linkerkantse hoek gaan jy gereeld n koevertjie sien. Maak dit oop want ons stuur vir jou ‘n spesiale boodskap oor ‘n spesiale les.

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos