FRED : SUSAN : ZANNE : FRIKKIE
​
Die Louw-Familie
​
Fred en Susan is al 20 jaar getroud en hulle het drie kinders Annine, Elaine en Peter. Hy het sy teologiese graad op Stellenbosch voltooi en leef sy passie vir die Here al vir 20 jaar in die bediening uit. Tien van die jare was hy spesifiek betrokke by jeugbediening. Die afgelope 10 jaar is Fred predikant by Kruispad. Dit is hier waar die Odos droom ook 10 jaar terug begin het. Hulle wou die jongmense van Kruispad op ‘n kronologiese manier oor ‘n periode van 7 jaar deur die stories van die Bybel vergesel. Fred glo dat jou identiteit as Christen lê in die stories wat in die Skrif opgeskryf staan.
​
Susan is ‘n gekwalifiseerde fisioterapeut wat deeltyds praktiseer. Haar liefde vir kinders en die evangelie leef sy al 20 jaar in die kinderbediening uit. Sy is al 20 jaar betrokke by Sondagskool aanbieding en lei saam met Fred die kinderbediening by Kruispad. Haar kinders was haar grootste motivering om Odos te help ontwikkel.
​
Die Louw-Familie
Die Kriek-Familie
​
Zanne is al 24 jaar getroud met Derick en het twee kinders Delani en Wilhelm. Sy is ‘n gekwalifiseerde opvoedkundige sielkundige en is tans hoof van Kingdom Preparatory School en eienaar van die Kiddies Academy groep van kleuterskole. Zanne en Fred is diè deel van die Odos-span wat die reeks se stories uiteensit en skryf. Haar passie en kennis van storievertelling en kinders leef sy al 10 jaar by Odos uit.
​
Die Kriek-Familie
Die Geyser-Familie
​
Frikkie is al 24 jaar met Frieda getroud en het drie kinders Stephan, Rene en Marli. Hy is ‘n geoktrooieerde rekenmeester wat tans by ‘n paar besighede betrokke is. Sy passie vir die Here het hom die visie gegee om Odos as ‘n maatskappy te registreer om so die evangelie na so veel as moontlik jongmense te bring.
​
​
Die Geyser-Familie
Die Odos-Droom
​
Daar is so baie Sondagskool- en kategesemateriaal op die mark. Hoekom Odos?
​
-
Die Odos-span wil kinders lief maak vir die Woord sodat hulle deur die lees van die Woord in verhouding sal kom met Jesus.
-
Die Odos-span wil hê dat kinders hulle storie sal sien as deel van God se storie en hulle lewe op hierdie Odos-pad sal leef.
-
Die Odos-span wil Kategese en Sondagskool lekker maak!
​
Hierdie Bybelstudie-reeks vir laerskool- en hoërskoolkinders kan gebruik word in gemeentes en skole. Dit bestaan uit 8 reekse met elkeen
-
'n onderwysershandleiding,
-
'n kinderboek wat die kinders elke week huis toe neem. In die boek is elke week se Bybelstorie,
-
'n versamelitem soos kaarte, plakkers en plakkate sodat hulle nog verder aangemoedig word om meer oor God en Sy Woord te leer.
-
'n Odos-toep met vrae, ouerhandleiding, video's en opleiding vir groepleiers.
​