top of page
odos logo stap vir stap.png

HOE WERK ODOS?

​

ODOS is 'n OMVATTENDE, INTERAKTIEWE 8 reeks SONDAGSKOOLMATERIAAL wat die Bybel en die wonderlike stories daarin stap vir stap aan kinders leer van GRAAD 1 - 9

​

Elke reeks bestaan uit ‘n kinderboek - met opwindende kaarte, plakkers of versamelkaarte; 'n onderwyswershandleiding en opleiding; ouerhulp; Odos-toep en Odos-video's.

​

Odos foto kruispad.JPG

KINDERS SE BOEK

In die boekie vir die maats, is elke week se Bybelstorie, asook 'n inkleurprent wat pas by die karakter wat in die les behandel is. Elke maat kry ook 'n versamelitem, sodat hulle nog verder aangemoedig word om meer oor God en Sy Woord te leer.

KPS foto 3.jpg

ONDERWYSERHANDLEIDING

Die onderwysershandleiding is so geskryf dat dit baie maklik is vir die groepleier om die week se les voor te berei. Die kind se sintuie word gebruik om die storie driedimensioneel te beleef. Die bepaalde les begin met die storie wat vertel word. Daarna is daar 'n paar vrae wat gevra kan word om te kyk of hulle mooi geluister het en sommer net weer van die inligting van die storie vas te vang in hulle geheue. Dan kom die lewensles, dis belangrik vir die groepleier om eers vir die kinders te vra wat hulle dink die storie vir ons wil sê voordat hulle kom met hulle interpretasie daarvan. 

Odos klasfoto 3.JPG

OUERHULP

Die ouerhulp is ‘n inisiatief van Anton Badenhorst van Oosterliggemeente om elke week vir die ouers iets te gee wat hulle met hulle kinders kan doen.  Ons wil hê dat ouers op ‘n kreatiewe manier weekliks saam met hulle kinders weer deur die verhaal gaan. Die Bybelvasvrae sal ook deel uitmaak van hierdie ouer betrokkenheid.  Ons bid dat die stories weer in huise sal herleef en op so ‘n wyse by ons kinders vasgelê word.

smart-phone-apps-e1431787301463.jpg

ODOS TOEP

Die Odos toep is ‘n nuwe deel van Odos wat die kinders, ouers en groepleiers verniet kan aflaai. Die toep gaan die kinders in die week weer terugbring na die verhaal wat hulle die Sondag gedoen het en die ouers help om saam met hulle kinders deur die Woord van God te stap.   

ODOS 360Ëš

Odos 360Ëš videos is ‘n hulpmiddel vir aanbieders asook vir  ouers en kinders by die huis.  Ons droom met Odos was nog altyd om vir kinders ‘n drie-dimensionele prentjie van die stories in die Bybel te gee. Hier gaan hulle sien hoe dit werklik lyk in Israel en vir hulle die Bybel lewend maak.

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

bottom of page