top of page
Odos 360˚ (Videogrepe van Israel op die Odos toep)
Odos 360˚ is ‘n hulpmiddel op die Odos toep vir aanbieders asook vir ouers en kinders by die huis. Ons droom met Odos was nog altyd om vir kinders ‘n drie-dimensionele prentjie van die stories in die Bybel te gee. Odos 360˚ gaan letterlik dit doen. Die Odosspan het met ‘n Samsung VR 360˚ videokamera elke plek in Israel waar daar iets gebeur het, op ‘n videogreep vasgevang. Die kinders kan op die Odos toep met die hulp van ‘n tablet of slimfoon ‘n 360˚ prentjie kry van waar die verhaal dan afgespeel het. Ons glo dat dit vir kinders ‘n werklikheidservaring sal gee van die verhale wat hulle lees en hoor. Die verhaal gaan nou nie net ‘n storie in ‘n boek wees nie, maar ‘n visuele storie wat in ‘n bepaalde tyd en plek gebeur het.
bottom of page