ODOS REEKSE
Odos Kleuters: Die Nuwe Koninkryk​
​(Geskik vir voorskoolse kleuters)
​
Handel oor Die Nuwe Koninkryk van God. Die kleuter word 'n soldaat van God se Koninkryk en behandel die Wapenrusting (die soldaat het beskerming nodig), die Tien Gebooie (reëls van Die Nuwe Koninkryk) en Die Vrug van die Gees (hoe die soldaat se hart moet lyk). Dit bestaan uit 'n groepleierhandleiding. Saam met hierdie leierhandleiding is daar ook 'n Odos saam-doen boekie vir die kleuter. Die kleuterboek bestaan uit al die aktiwiteite wat die kleuter in die klassie met elke les gaan doen. Die kleuter gaan dan sy aktiwiteit saam neem huis toe om vir pappa en mamma te gaan wys.
Odos 1: Bekendste Bybelfigure van die Ou Testament​
​(Geskik vir graad R tot graad 3)
​
Handel oor die bekendste Bybelfigure in die ou Testament. Dit bestaan uit 'n groepleierhandleiding, wat insluit 'n CD met al die kreatiewe aktiwiteite op. Saam met hierdie leierhandleiding is daar ook 'n Odos saam-doen boekie vir die maats. Dit sluit in versamelkaarte, 'n kronologiese padkaart deur die Ou Testament en inkleurprente. Die kind se boek het elke verhaal ingesluit, sodat die ouer weer die verhale vir hom kan lees.
Odos 2: Jesus se Lewe op Aarde
(Geskik vir graad R tot graad 3)​
​
Handel oor die lewe van Jesus op aarde. Dit bestaan uit 'n groepleierhandleiding, wat insluit 'n CD met al die kreatiewe aktiwiteite op. Saam met hierdie leierhandleiding is daar ook 'n Odos saam-doen boekie vir die maats. Dit sluit in versamelkaarte, 'n kaart van Israel en inkleurprente. Die kind se boek het elke verhaal ingesluit, sodat die ouer weer die verhale vir hom kan lees.
Odos 3: Die Gelykenisse van Jesus
​(Geskik vir graad R tot graad 3)
​
Handel oor die gelykenisse van Jesus. Dit bestaan uit 'n groepleierhandleiding, wat insluit 'n CD met al die kreatiewe aktiwiteite op. Saam met hierdie leierhandleiding is daar ook 'n ODOS saam-doen boekie waar die gelykenisse op 'n visuele manier uitgebeeld word vir die maats. Dit sluit in plakkers wat die maats in die boekie op die visuele uitbeelding van die gelykenisse kan plak om so die storie te voltooi. Die kind se boek het elke verhaal ingesluit, sodat die ouer weer die verhale vir hom kan lees.
Odos 4: Die Gestuurdes-Handelinge
​(Geskik vir graad 4 tot graad 7)
​
in Odos 4 reis ons saam met die dissipels (Gestuurdes) van Jesus soos wat ons dit in die boek Handelinge opgeteken kry. Die kinders se boekies is ontwerp as 'n plakkerboek waarin die stories met fotos uitgebeeld word. Elke les van die reis het +- 5 plakkers wat die storie visueel uitbeeld. Ons volg Petrus Johannes, Andreas en Paulus op hierdie wonderlike reis saam met die Heilige Gees.
Odos 5: Priesters, Profete, Rigters & Konings
(Geskik vir graad 4 tot graad 7)​
​
Handel oor die Priesters, Profete, Rigters en Konings van die Ou Testament. Dit bestaan uit 'n groepleierhandleiding, wat insluit 'n CD met al die kreatiewe aktiwiteite op. Saam met hierdie leierhandleiding is daar ook 'n ODOS saam-doen boekie vir die maats. Dit sluit in versamelkaarte, plakkers en 'n tydlyn van die ou Testament. Die kind se boek het elke verhaal ingesluit, sodat die maat weer die verhaal tuis kan lees.
Odos 6: Die boeke van die Ou Testament​
​(Geskik vir graad 6 tot graad 9)
​
Odos 6 gaan oor die boeke van die Ou Testament. Daar is, soos die ander Odosreekse, ‘n aanbiedersboek en ‘n Odos saam-doen boek. Die aanbiedersboek is op dieselfde manier geskryf as die ander aanbiedersboeke maar i.p.v. verhale word daar vir die kinders verduidelik waaroor elke boek van die Ou Testament gaan.
Odos 7: Die boeke van die Nuwe Testament​
​(Geskik vir graad 6 tot graad 9)
​
Odos 7 gaan oor die boeke van die Nuwe Testament. Daar is, soos die ander Odosreekse, ‘n aanbiedersboek en ‘n Odos saam-doen boek. Die aanbiedersboek is op dieselfde manier geskryf as die ander aanbiedersboeke maar i.p.v. verhale word daar vir die kinders verduidelik waaroor elke boek van die Nuwe Testament gaan.
Odos 8: Leef 24/7 (Spreuke)
​(Geskik vir graad 8 tot graad 11)
​
Odos 8 gaan oor die wyshede van Spreuke. Daar is, soos die ander Odosreekse, ‘n aanbiedersboek en ‘n Odos dagstukboek. Die aanbiedersboek bestaan uit 26 lesse wat groepleiers help om tieners die wyshede van Spreuke te leer. Die dagstukboek bestaan uit 130 dagstukke wat die tieners gaan help om die wyste jongmense in Suid-Afrika te word.
Odos 9: 'n Reis deur Markus
​(Geskik vir graad 8 tot graad 11)
​
Odos 9 wil jongmense op 'n reis deur die Goeie Nuus van Markus vat. Daar is, soos die ander Odosreekse, ‘n aanbiedersboek en ‘n Odos dagstukboek. Die aanbiedersboek bestaan uit 26 lesse wat groepleiers help om tieners in groepsverband deur die Markus evangelie te vat. Die dagstukboek bestaan uit 130 dagstukke wat die tieners gaan help om die Goeie Nuus van Markus te hoor.
Odos 10: NEXT LEVEL (Give me one minute)
​(Geskik vir graad 10 tot graad 12)
​
Die one minute idee kom van Marno Boshoff wat hierdie konsep vir maatskappye ontwikkel het om in een minuut 'n sekere relevante onderwerp op die tafel te plaas. Ons het gedink dit sal 'n wonderlike idee wees vir jongmense, omdat die laaste paar jaar gewys het hoe kort die mens se aandagspan geword het. In een minuut probeer ons 'n sekere vraag op die tafel plaas en antwoord. Vrae soos: Hoe weet ek God bestaan? Is die wetenskap in stryd met geloof? Is die Bybel nog relevant? Lei alle paaie nie na Rome nie? Wat beteken dit om 'n verhouding met die Here te hê? Wat beteken dit om vervul te wees met die Heilige Gees? En nog vele meer.... Dan kyk ons ook na 'n meer praktiese lewenswyse.
​
Hierdie reeks is so ontwikkel dat dit 'n deur vir jongmense oopmaak om hulle eie worsteling op die tafel te plaas en in 'n veilige omgewing daaroor te worstel en ook antwoorde te kry.
Ouerskap-opleiding: Help! My kind word groot
​(Geskik vir ouers met graad 6 en graad 7 leerlinge)
​
Die boek is geskryf deur Johan Smith om jou as ouer te help en raad te gee, maar ook voor te berei op die uitdagings van jou kind se tienerfase. Dit is een reuse, enorme voorreg om so 'n rol in jou kind se lewe te kan speel. Daar is egter baie ouers vandag wat hierdie kosbare geleentheid deur hulle vingers laat glip. Die boek is op so 'n manier geskryf dat dit ook in groepsverband gebruik kan word, sodat ouers by mekaar kan leer en mekaar kan help met die ouerskapreis van jou kind wat op sy adolessensie-reis is.
Sien voorbeelde van ons lesse hier: