top of page
odos logo stap vir stap.png
Odos 6: Die boeke van die Ou Testament
             (Geskik vir Graad 6 tot Graad 9)
Odos 6 inhouds.jpg

Bestaan uit:

​

1. Aanbiedersboek: 

​

  • 29 Lesse wat elk bestaan uit:

  • Verduideliking van die Ou Testament se Bybelboek

  • Vrae om in die leerlingboek in te vul

  • Bespreking oor hoe ons Jesus in die Ou Testamentboek kan raak lees

  • Gebed wat aansluit by lewensles

  • Bybelvers vir memorisering 

  • Iets te ete wat aansluit by les

  • Speletjie om te kyk wie eerste die Bybelboek in die Bybel op te soek

  • Tyd om die boekrak in die leerlingboek te bespreek

  • Iets prakties om by huis te gaan doen wat in leerlingboek staan

​

2. Leerlingboek se lesse bestaan uit:

​

  • Iets om te lees:

  • Vragies om in te vul:

  • Sien Jesus:

  • Iets om oor te dink:

  • Iets om te doen:

  • Iets om te sê:

  • 10 minute met Jesus:

  • Wat hoor ek?

 

Iets om te lees, is ‘n teksvers wat ons gekies het  wat ons glo ‘n belangrike gedeelte is in die Bybelboek.  Natuurlik sal elke persoon ‘n teksvers kan uitlig wat vir hulle belangrik is, maar dis maar ons keuse.

​

Vragies om in te vul, is ‘n manier om die kind te help om te luister in die klas na wat die aanbieder sê.  Al die woordjies wat hulle moet invul en vrae wat hulle moet beantwoord sal hulle kry as hulle mooi luister. Die aanbieder sal as deel van die les die kinders help om die vragies te beantwoord.

​

Sien Jesus, is vir ons ‘n baie belangrike deel van die boekie.  Ons wil hê die kind moet Jesus sien deur die hele Bybel.  Ons glo dat Jesus wil hê dat elke kind in ‘n verhouding met Hom moet staan, om dit te doen moet die kind Hom beter en beter leer ken.

Iets om oor te dink, is sommer ‘n manier om hulle koppe aan die gang te kry en om ‘n bietjie dieper te dink oor goed wat hulle baie keer in hulle lewens as vanselfsprekend aanvaar.

​

Iets om te doen, help die kind om te verstaan dat Jesus hulle nie net wil laat dink nie maar ook wil laat doen, wat die Bybel vir hulle sê.  Ons vra partykeer vir die kinders om iets neer te skryf bv. ‘n gedig vir God.  Agterin die boekie is ‘n plek waar sulke opdragte gedoen kan word.

​

Iets om te sê, gaan die kind help om te praat met die Here en om nie net elke dag dieselfde gebedjie oor en oor te herhaal nie.

 

10 minute saam met Jesus, is die kinders se persoonlike stiltetyd saam met Jesus.  ‘n Verhouding kan net groei as ons tyd saam spandeer met iemand wat ons liefhet.  Elke dag kry hulle ‘n teksgedeelte om te lees.  As hulle klaar gelees het word hulle aangemoedig om sommer te bid oor die gedeelte.  Partykeer gaan hulle wil dankie sê, ander kere gaan hulle die Here wil loof en prys en op ander kere gaan hulle wil jammer sê.

​

Iets wat baie belangrik vir ons is, is dat die kind sal verstaan dat die Bybel nie in teksverse geskryf is nie, maar in stories.  Daarom word hulle aangemoedig om sommer die hele boek te lees soos ‘n storie eerder as om net ‘n paar teksverse te lees.

​

Onder die opskrif “wat hoor ek” wil ons hê dat die kinders hulle eie gedagtes neer skryf oor dit wat hulle dink Jesus vir hulle geleer het die week wat verby is. 

Leerlingboek

Odos 6 kids les 2.png
Odos 6 kids les.png
Odos 6 boekrak 2.png
Odos 6 boekrak.png

Bybelboekrak

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

bottom of page