top of page
odos logo stap vir stap.png
Onderwyserhandleiding

Met die Odos reekse wil ons stap vir stap deur die Woord van God gaan deur al die stories te vertel.

​

Die onderwysershandleiding is so geskryf dat dit baie maklik is vir die groepleier om die week se les voor te berei. Die kind se sintuie word gebruik om die storie driedimensioneel te beleef. Die bepaalde les begin met die storie wat vertel word. Daarna is daar 'n paar vrae wat gevra kan word om te kyk of hulle mooi geluister het en sommer net weer van die inligting van die storie vas te vang in hulle geheue. Dan kom die lewensles, dis belangrik vir die groepleier om eers vir die kinders te vra wat hulle dink die storie vir ons wil sê voordat hulle kom met hulle interpretasie daarvan. 

 

Die lewensles wat in die onderwysershandleiding gegee het is slegs 'n voorbeeld en moenie gesien word as die regte antwoord nie. Nadat die lewensles gedoen het is daar tyd vir kreatiewe aktiwiteite wat, soos ons aan die begin genoem het, die kind se verskillende sintuie prikkel om sodoende die storie vas te maak en ook driedimensioneel te maak vir hulle. Die idee ook met die aktiwiteite is om dit in groepsverband te doen. Die rede hiervoor is dat hulle mekaar beter sal leer ken en meer bereid te maak om hulle stories te deel met mekaar. Hulle sluit af met 'n gebed en vra vir die Here om dit wat hulle geleer het deel te maak ook van hulle lewenstories.

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

Kom besoek ons: 

Gebou 88B

Tijger Valley Office Park

Silver Lakes

0052

Bel ons:

Fred Louw

083 268 7106

  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle

© 2016 Odos

bottom of page